Nederlandse Ryk

Die Nederlandse Ryk (Nederlands-koloniale Rijk) het bestaan uit oorsese grondgebied wat deur die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande, en later, die moderne Nederland vanaf die sewentiende eeu tot die mid-1950's beheer is. Die Nederlanders het die voorbeeld van die Portugese Ryk en die Spaanse Ryk gevolg om 'n oorsese koloniale ryk op te bou. Hiermee saam het die Nederlanders se kennis van die seevaart, handeldryf en die opkoms van nasionalisme, baie goed te pas gekom. Die land se strewe om van die juk van Spaanse oorheersing vry te kom het die nasionalisme nog verder aangeblaas. Sy aan sy met die Britse Ryk se koloniale uitbreiding, het die Nederlanders aanvanklik koloniale eiendomme op die grondslag van onregstreekse staatskapitalistiese korporatiewe kolonialisme deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie bedryf. Nederlandse verkenningsvaarte van seevaarders soos Willem Barentsz, Henry Hudson en  Abel Tasman het 'n magdom nuwe gebiede aan die Europeërs bekend gestel. In besonder die nuwe gebiede in die Arktiese Oseaan, Noord-Amerika, in die, Stille Oseaan,  Australië, en Nieu-Seeland.

Met die Nederlandse Vloot wat sedert die laat sestiende eeu in 'n magtige seemag ontwikkel het, het die Nederlanders, gedurende die tweede helfte van die sewende eeu, die wêreldhandel begin oorheers in 'n kulturele bloeitydperk wat bekend staan as die Goue Eeu. Die Nederlanders het die meeste van sy koloniale besittings, sowel as sy status as 'n wêreldmag, aan die Britte moes afstaan. Dit was in die tyd met die val van die Metropool aan die hand van die Franse magte tydens die Franse Rewolusionêre Oorloë. Die herwonne gedeeltes van die Nederlandse Ryk, en in besonder die Nederlands-Indië en Suriname, het onder die bewind van Nederland gebly tot die val van Europese imperialisme na die Tweede Wêreldoorlog. Sedert die 1950's is Nederland omvorm na 'n konstituerende land wat die Koninkryk van die Nederlande geword het.  Sedert 10 Oktober 2010 is die lande binne die Koninkryk van die Nederlande:

Die formele deklarasie van onafhanklikheid van die Nederlandse provinsies van die Spaanse koning, Filips II van Spanje.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne